Krasnojarsk

Vir ’n artikel oor die krai met dieselfde naam, sien Krasnojarsk-krai.

Krasnojarsk
Красноярск

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Rusland Rusland
 Federale distrik Siberiese Federale Distrik
 Federale subjek Krasnojarsk-krai
 Koördinate 56°0′N 92°56′O / 56.000°N 92.933°O / 56.000; 92.933
 Stigting 1628
 Stadstatus 1628
 Oppervlakte:  
 - Totaal 348 vk km
 Hoogte bo seevlak 259 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2014) 1 035 528
 - Bevolkingsdigtheid 2 765/km2
 Tydsone UTC +7
 - Somertyd UTC +8
 Burgemeester Edcham Akboelatof
 Amptelike Webwerf www.admkrsk.ru
Moderne woonstelgeboue kontrasteer met historiese boukuns

Krasnojarsk (Russies: Красноя́рск) is ’n stad aan die Jenisei-rivier in Sentraal-Rusland. Dit is die administratiewe hoofstad van Krasnojarsk-krai en die derde grootste stad in Siberië met ’n inwonertal van 1 035 528 (2014).[1] Die stad is ’n belangrike aansluitingspunt aan die Transsiberiese Spoorlyn en een van Rusland se grootste vervaardigers van aluminium.

Krasnojarsk is geografies die mees sentraal geleë van alle Russiese metropole. In die Sowjet-tydperk was die vestiging van strategies belangrike aanlegte van die kern-, wapen- en hoëtegnologiebedrywe aan hierdie stategiese ligging te danke. Krasnojarsk was ook die Sowjet-Russiese sentrum van goudstaaf-vervaardiging.[2] Die plaaslike aanleg van Rusal, die tweede grootste aluminiumvervaardiger ter wêreld, trek voordeel uit die lae kragtariewe in die streek - een van die grootste waterkragsentrales op aarde voorsien in sy elektrisiteitsbehoeftes.

Ondanks sy sterk industriële karakter word die stad as een van die mooiste in Siberië beskryf. Dit is nie net sy kulturele besienswaardighede wat van Krasnojarsk 'n gewilde toeristebestemming maak nie. In teenstelling met ander Siberiese stede is daar unieke landskapsvorme in die onmiddellike omgewing van die stadsgebied, waaronder berglandskappe, magtige uitgestrekte Siberiese bosse en die Nasionale Stolbi-natuurreservaat met 'n oppervlakte van 470 vierkante kilometer en eksotiese rotsformasies en kranse in die uitlopers van die Oostelike Sajan-bergreeks.

  1. http://www.newslab.ru/news/283524
  2. Hans Engberding, Bodo Thöns: Transsib-Handbuch. Unterwegs mit der Transsibirischen Eisenbahn. 6de hersiene en uitgebreide uitgawe. Berlin: Trescher 2010, bl. 181

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search